Grootmeester Viljoen is een uit ‘n miljoen
Joe Viljoen is ook die eerste swartbelt om in RCFA Internasionaal se Hall of Fame vereer te word.
Meester Joe Viljoen, of eintlik Grootmeester Joe Viljoen soos wat hy voortaan gaan bekendstaan, het op 4 April in die Emerald Tsogo Sun Arena tydens die RCFA Wêreldkampioenskap geskiedenis gemaak. Viljoen, die Professionele Karate Assosiasie (PKA) se Afrika-direkteur en die stigter van Ring Contact Fighting Arts (RCFA) het ‘n dubbeldoor slag geslaan toe hy deur PKA en RCFA die hoogste rang as grootmeester 10de dan vereer is.
Hy is ook die eerste swartbelt om in RCFA Internasionaal se Hall of Fame vereer te word.
Hoewel Viljoen se prestasie die kollig gesteel het, het die deelnemers oor die drie dae wat die kampioenskap geduur het, puik rekenskap van hulself gegee.

Van ysbreekdemonstrasies tot wapens- en reeksgevegmodusse het gedurende die kampioenskap plaasgevind. Die volkontak hoë-, en lae skoppe en titelgevegte wat Saterdag plaasgevind het, was die kroonjuweel van die kampioenskap.
Die hoofgevegte van die dag het ook soos oudergewoonte nie teleurgestel nie.



