WANATU ry daarnatu, skenk R30 000 vir Solidariteit Helpende Hand
Opgradering van die WANATU-toepassing kom binnekort.
Die Suid-Afrikaanse e-vervoerdiens, WANATU, het Donderdag ‘n skenking van R30 000 aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig.
Sedert sy amptelike bekendstelling op 28 Oktober 2024 het WANATU indrukwekkende momentum getoon. Die maatskappy bedien tans meer as 125 000 toepgebruikers met ‘n vloot van 71 voertuie – ‘n vloot wat onlangs uitgebrei het met die toevoeging van ‘n minibus, wat groepritte vir die eerste keer moontlik maak. Die diens is tans in Centurion en Pretoria beskikbaar, met alle voertuie wa toegerus is met paniekknoppies, opsporingstoestelle en regstreekse kameras.
WANATU werk tans aan ‘n grootskaalse opgradering van sy toepassing, met beduidende verbeteringe wat gebruikers binnekort kan verwag.
WANATU het ook onlangs geskiedenis gemaak as die eerste e-taxidiens in Suid-Afrika wat formele registrasie ingevolge die nuwe Nasionale Landvervoerregulasies van 2025 ontvang het.



