Local newsNewsSport
Hennenman laat hulle nie keer
Die finaal van die Platteland netballiga is vanaand in Parys beslis.
Hennenman het vanaand met ‘n telling van 52-23 in Hennenman se guns, die Platteland liga-trofee verower in die finaal teen Parys-netbalklub. Die finaal is op Parys se tuisbaan beslis.
Hoewel die span van Parys hul alles gegee het, het ‘n sterker Hennenman reeds teen halftyd die oorhand gehad met ‘n telling van 27-11, in die besoekende span se guns.
Vir die tuisspan was dit die eerste jaar dat hul saamspeel, en ‘n skitterende seisoen waarmee gevorder is tot by die finaal.



















Die foto’s gee ‘n kykie na die aksie wat tydens die wedstryd gesien is. Foto’s: Liezl Scheepers
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



