Local newsNews

Op Facebook deur skurk geteiken toe hondjie soek raak

Tinkie was vir vier dae lank soek voordat sy uiteindelik gekry is.

‘n Gewetenlose kuberskurk het sedert 13 Mei onophoudelik ‘n egpaar van Parys vir dae lank geteister, en selfs gedreig, nadat hy op Facebook gesien het dat Danie en Elize Smith na hul 18-jaar oue hondjie, Tinkie, soek. Tinkie het soek geraak met die trekkery van die egpaar se koffiewinkel van ‘n besigheidsperseel in Van Collerstraat, na ‘n perseel in Waterstraat.


“Die bejaarde Tinkie is op medikasie en kon nie meer ver loop nie,” vertel Danie. Sy was saam met van die egpaar se ander honde by Koffie Oppi Stoep in Van Collerstraat, toe sy vermoedelik by die hekkie uitgeglip het waar hul besig was om meubels uit te dra.

Toe hulle agterkom dat sy weg is, het die egpaar die omgewing gefynkam en hulp op Facebook gevra met ‘n foto en beskrywing van haar. Hoewel daar twee leidrade was van mense wat laat weet het dat hul Tinkie gesien het, het dit geen vrugte afgewerp nie.


Woensdagaand het die skurk telefonies met die egpaar kontak gemaak met die storie dat hy Tinkie het. Min het hulle kon dink dat hy hul desperate plasing op Facebook sou misbruik om hulle in ‘n lokval te probeer lei.

Danie en Elize Smith saam met Tinkie wat Saterdag gekry is nadat sy vir vier dae skoonveld was. By hulle is hul goeie vriend, Coen Mans, wat help soek het na haar. Foto: Liezl Scheepers
Danie en Elize Smith saam met Tinkie wat Saterdag gekry is nadat sy vir vier dae skoonveld was. By hulle is hul goeie vriend, Coen Mans, wat help soek het na haar. Foto: Liezl Scheepers


Hy het gesê dat hy ‘n vervoermaatskappy het en van sy vragmotorbestuurders in Parys moes oplaai toe hy haar in Noorderstraat gekry het – presies waar mense gesê het hulle haar gesien het. Hy het selfs ‘n beskrywing van haar gegee en aangedring dat hulle Woensdagaand haar moes kom haal by ‘n plot tussen Vereeniging en Deneysville. Hy moes glo die volgende oggend 04:00 na Polokwane vertrek.


Toe hy gevra is vir ‘n pin ligging per WhatsApp het hy beweer hy het nie WhatsApp nie, en kon daarom ook nie ‘n foto van haar stuur nie. Met ‘n wolhaarstorie het hy probeer om hulle te oortuig om ‘n databondel vir hom te koop. Die aanvanklike adres wat hy as plot 186 Willowton gegee het, het later in die gesprek verander na Willowtonstraat. Volgens hom was hy 7 km vanaf Groenpunt, maar het nie ‘n voertuig gehad om by hulle te kom nie.


Teen daardie tyd was Danie en Elize, vergesel van Coen, en Meisie v.d Westhuizen in Sasolburg toe hulle hond se gedagtes gekry het dat dié ‘n slenter is. Polisiestasies in die omgewing kon nie die adres opspoor nie. Coen vertel dat hulle besef het – selfs al sou hulle die plek kry, was die kans groot dat hulle aangeval kon word, want die skurk wou weet hoeveel mense Tinkie kom haal. Teen 22:00 het die hartseer egpaar en hul vriende teruggedraai.

Die skurk het aanhou bel tot Saterdag. Toe hy hoor Tinkie is gekry, het hy hul gedreig met die woorde I will come for you en ‘n prentjie van ‘n skedel. Dieselfde slenter is ook op ‘n verlore diere-groep van Rustenburg gesien. Nodeloos om te sê die nommer kan nie opgespoor word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button