Local newsNews

Musiektalent en feesklanke by die AfriDome

Die AfriDome musiekfees het Vrydag reeds afgeskop met 'n boereorkes-vertoning.

Vir diegene wat die naweek op ‘n rustiger noot wil afsluit, is daar Sondag 31 Mei gospel- en country-vertonings by die AfriDome. Gospelsangers wat gehoor kan word, sluit in Reinier, Jeanri, Nico Booijse en Chris Coetzer. By die country-fees kan Suzette Jacobs, Landee, John Morland, Anne-Marié en Cecilia Jane gehoor word.

Vandag is verskeie kunstenaars op die feesverhoog gehoor waaronder Karlien Husselman, Anthony McGee, André van der Rheede, Wilmari, Rick Charrit, LJ Upington se Kind, Etha, Garner Nel, Leroi Heunis, Nico Booijse en Amor Vittone.

Feesgangers en beoordelaars kon ook luister na ‘n sangtalentkompetisie terwyl Mnr. en Mej. AfriDome-vroeër vanoggend gekroon is.

Die foto’s is tydens vandag se feesvieringe geneem.

Kehumile Mabele van Carletonville was die Mej. Dome wenner vir dogter 4-8 jaar. Foto: Liezl Scheepers
Kehumile Mabele van Carletonville was die Mej. AfriIDome wenner vir dogters 4-8 jaar.
Foto: Liezl Scheepers
Tussendeur die dag se musiek was daar verskeie stalletjies met heerlike lekkernye te koop. Foto: Liezl Scheepers
‘n Fees met lekker musiek en heerlike lekkernye wat by die kosstalletjies te koop was. Foto: Liezl Scheepers
Verskeie sangers het hul talent kom wys. Foto: Liezl Scheepers
Verskeie sangers het hul talent kom wys. Foto: Liezl Scheepers
Die beoordelaars het geluister en uiteindelik die finale sê gehad by die talentkompetisie. Foto: Liezl Scheepers
Die beoordelaars het geluister en uiteindelik die finale sê gehad by die talentkompetisie. Foto: Liezl Scheepers
Chris Fourie saam met Amor Vittone.
Chris Fourie saam met Amor Vittone.
En die wenners van die gelukkige kontantprystrekking het rede gehad om van oor tot oor te gllimlag. Liezl Scheepers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button