Vredefort-egpaar deur gewapende rowers oorval
Teen Dinsdag was die verdagtes nog op vrye voet.
Daar word steeds gesoek na die vyf gewapende rowers wat ‘n bejaardes egpaar van Vredefort Maandag 1 Junie in hul huis oorval het. Die egpaar is nie beseer nie, maar die rowers is weg met juwele, ‘n TV, selfone en ‘n skootrekenaar wat buitgemaak het.

Die voorval het die middag rondom 14:00 gebeur nadat die mans gewapen met handwapens die tuinhekkie en huis se veiligheidshek oopforseer het. Hulle het ‘n vuurwapen op die man gerig en toe met die gesteelde items in ‘n wit Jetta gevlug.
Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.
Lees ook die handige veiligheidswenk – https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/news-news/2025/10/12/hoekom-elke-huis-n-paniekknoppie-behoort-te-he/



