Local newsNews

Hoekom elke huis ’n paniekknoppie behoort te hê

Of dit misdaad of 'n mediese noodgeval is - as daar nood is, kan 'n paniekknoppie wat deel is van jou huis se sekuriteitstelsel help om hulp vinnig by jou te kry.

In ’n noodgeval tel elke sekonde. Of dit nou ’n mediese krisis, ’n huisinbraak of ’n rooftog is — die vermoë om onmiddellik hulp te ontbied, kan die verskil  tussen lewe en dood beteken. Daarom is die installering van ’n paniekknoppie een van die doeltreffendste veiligheidsmaatreëls.

“Ongelukkig gebeur ‘n roof of huisbraak dikwels so vinnig dat huiseienaars  min tyd het om te reageer,” sê Charnel Hattingh, Groepshoof van Bemarking en Kommunikasie by Fidelity Services Group. “’n Paniekknoppie bied onmiddellike toegang tot noodhulp – veral in situasies waar jy nie by jou foon kan uitkom of ’n oproep kan maak nie. Dit kan ook van kritieke belang wees tydens mediese noodgevalle, waar elke sekonde saak maak.”

Paniekknoppies is die doeltreffendste wanneer dit geïntegreer word in ’n  sekuriteitstelsel wat alarmstelsels, CCTV en gereelde sekuriteitspatrollies insluit. Hierdie toestelle bied ’n direkte skakel met jou sekuriteitsverskaffer, wat verseker dat gewapende reaksie-eenhede vinnig ontplooi word sonder dat jy tyd mors om te bel tydens ’n krisis.

Hattingh wys verder daarop dat paniekknoppies nie net vir misdaadverwante noodgevalle bedoel is nie:
“’n Groot deel van ons oproepe hou verband met mediese insidente,” sê sy.

Hou die volgende wenke in gedagte

  • Weet waar hulle is: Installeer paniekknoppies in kamers wat gereeld gebruik word, soos slaapkamers, kombuise en sitkamers.

  • Toets dit gereeld: Maak seker die paniekknoppie werk behoorlik deur dit gereeld te toets.

  • Gaan mobiel: Oorweeg ’n draagbare paniekknoppie vir gebruik buite of wanneer jy nie tuis is nie.

  • Leer jou gesin: Verseker dat elke gesinslid weet hoe en wanneer om die knoppie te gebruik.

  • Koppel direk: Maak seker die paniekknoppie is direk gekoppel aan jou sekuriteitsdiens vir die vinnigste moontlike reaksie.

“Veiligheid gaan oor proaktiewe optrede,” sluit Hattingh af. “’n Paniekknoppie is dalk ’n klein toevoeging tot jou huis se sekuriteit, maar dit kan ’n enorme verskil maak in ’n noodsituasie. Dit gaan nie net oor gemoedsrus nie – dit gaan daaroor om te weet dat hulp reeds onderweg is wanneer iets verkeerd loop. Deur hierdie eenvoudige maar kragtige hulpmiddel in jou huis te hê, gee jy jouself en jou geliefdes die beste moontlike kans om veilig te bly.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button