Local newsNews
Verkeer herlei na dieseltenkwa-botsing
Wanneer jy op die pad gaan hou by volgafstande en spoedbeperkings.
Die N5 tussen Winburg en Senekal moes Saterdagaand 6 Junie tydelik vir verkeer gesluit word na ‘n dieseltenkwa in ‘n botsing betrokke was.
Die ongeluk het omstreeks 18:00 gebeur en het nooddienste en spanne begin met opruiming van die diesel wat op die padoppervlak gestort is
Verkeer is vir die duur van die opruiming op alternatiewe roetes herlei.
Die publiek is weer gevra om asseblief te hou by veiligheid volgafstande en spoedbeperkings.
NIemand is in die ongeluk beseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



