Local newsNews

Harte oop vir DBV se wiele-nood

Parys DBV het dringend 'n voertuig nodig dat die tak se enigste voertuig gesteel is.

Nie eens die winterkoue kon gholfspelers wie se harte warm klop vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se nood, weghou van die baan toe daar afgeslaan is vir die jaarlikse gholfdag ten bate van Parys DBV. ‘n Rekordgetal inskrywings is ontvang en mense se harte was oop om te gee.


Die hoogtepunt van die dag was ‘n veiling met bokslegende Brian Mitchell, wat verskeie sport memorabilia opgeveil het. ‘n Persentasie van die wins van die veiling was ook ten bate van die DBV.


Dankie aan elkeen wat die dag ondersteun en bygedra het om van dit so ‘n groot sukses te kon maak.

Die bokdlegende Brian Mitchell, saam met Diane Snyman en ? by die veilingsgeleentheid wat na afloop van die gholfdag gehou is.
Die bokdlegende Brian Mitchell, saam met Diane Snyman en ? by die veilingsgeleentheid wat na afloop van die gholfdag gehou is. Foto: Liezl Scheepers


Die DBV samel tans geld in om ‘n voertuig te kan koop nadat die DBV se enigste voertuig in April tydens ‘n inbraak op die DBV-perseel gesteel is. Sedertdien is dit ‘n groot uitdaging vir die DBV om die gemeenskappe van Parys, Vredefort, Heilbron en Koppies te bedien sonder ‘n voertuig.

‘n Skare finansieringsveldtog (BackaBuddy) is ook intussen vir die DBV begin om te help om fondse bymekaar te maak vir ‘n voertuig.

Dankie ook aan Parys Bande point-S wat verlede week 4 021,5kg se honde- en katkos aan die plaaslike DBV oorhandig het, en elkeen wat bygedra het tot hierdie groot gemeenskapsprojek.

Christo Prinsloo van Parys Bande point-S oorhandig die meer as 4 000kg honde- en katkos wat vir die plaaslik DBV ingesamel is, aan Brendin Strauss.
Christo Prinsloo van Parys Bande point-S oorhandig die meer as 4 000kg honde- en katkos wat vir die plaaslik DBV ingesamel is, aan Brendin Strauss. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button