Warm gebare op ’n koue wintersdag
By die Amot Tehuis vir Bejaardes in Parys, maak vele hande ligte werk, om van fondsinsamelingsprojekte 'n groot sukses te maak.
Inwoners van Ons Tuis AMOT is onlangs bederf met tuisgebakte koekies en beskuit danksy die omgee van NHK Losberg gemeente.
Die tehuis sê dankie aan Sannetjie Boshoff en almal wat saam gebak en bygedra het om warmte en vreugde na die tehuis se bejaardes in Parys te bring.

Komitee woeker vir fondse
Amot se fondsinsamelingskomitee en die tehuis inwoners wat self ook die afgelope tyd baie bedrywig om te woeker vir fondse.
Wildsbene is afgekook ter voorbereiding van heerlike wildspasteie wat gemaak is.
Daar is hard gewerk by die basaar van die Hervormde Kerk in Parys, en heerlike melktertpannekoeke, hoendervulsel pannekoeke, vleispasteie en biltong verkoop ten bate van die inwoners. \Van die voorbereiding tot die verkope het inwoners ywerig hand bygesit en saam ’n dag van harde werk, lekker kuier en trots beleef.





