Hesmarie van Zyl saam met haar ouers. Foto: Annemarie Ferreira
Sowat 190 boerperde is verlede week trots by die Toyota SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe vertoon, wat by die AfriDome in Parys gehou is.
Die driejarige Hesmarie van Zyl van Reitz was onder die kinderruiters wat aan die Leiriem-klas vir ruiters twee jaar en ouer deelgeneem het.
Haar ma, Hester, vertel dat Hesmarie klein-klein begin perdry het en afgerig word deur haar pa, Willem. Die Toyota SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe was die tweede skou waaraan Hesmarie deelgeneem het.
Hesmarie van Zyl saam met haar ouers. Foto: Annemarie Ferreira
Haar ouers het die Wilhes SA Boerperd-stoet. Boerperde is ‘n veelsydige Suid-Afrikaanse perderas wat bekend is vir hul uithouvermoë en goeie geaardheid.
Dié perde blink uit in verskeie ruitersportdissiplines.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.