Goliat van Gat: Dis planttyd!
Kom skryf jou mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen ook in, alles vir ‘n goeie doel.
Die soektog na die land se pampoenreuse lê om die draai met die baie gewilde Goliat van Gat-pampoengroeikompetisie en-fees wat op 13 Maart 2027 by Lavender Kontrei Mark in Pretoria sal plaasvind.
Pitte, raad en bystand vir die nuwe seisoen is reeds beskikbaar, want Aspoestertjie se koets soek ’n groot pampoen. So kry jou pitte sodat jy betyds gereed is vir planttyd.
Die pampoenfees word deur die Cullinan Boere-unie (TLU SA) aangebied. Al die pampoene wat tydens die fees ingeweeg word, sal aan welsynsorganisasies geskenk word vir verspreiding onder behoeftige gemeenskappe waar nodig.

Daar is ook aantreklike prysgelde vir die tien swaarste pampoene, asook verskeie ander kompetisies, waaronder die swaarste skorsie, murgpampoen, waatlemoen, tamatie en ander groentesoorte.
Kom skryf jou mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen ook in, alles vir ‘n goeie doel.
Navrae kan gerig word aan Henri Combrink (organiseerder) by 082 552 9428 of per e-pos by culliboer@gmail.com



