Local newsNews

Miljoene se NaTIS-bedrog: Verdagte in Parys aangekeer

Daar word verwag dat nog arrestasies kan volg.

’n Man wat vermoedelik deel is van ’n sindikaat wat betrokke is by miljoene se bedrog met die lisensiëring van motorvoertuie, sal na verwagting môre, Donderdag 30 Julie voor die Parys-landdroshof verskyn, nadat hy Dinsdagaand ná ‘n uitgebreide ondersoek van drie jaar, in Parys in hegtenis geneem is.

Die man het glo motorvoertuigeienaars gehelp om voertuiglisensies onwettig te hernu deur die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) vanaf sy privaat woning te gebruik.

Die arrestasie is gemaak tydens ’n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) se Nasionale Anti-Korrupsie-eenheid, lede van SAPD Misdaadintelligensie Taktiese- en Spesiale Operasies, asook die Valke en hul kubermisdaadeenhede/

Met die arrestasie is ‘n rekenaarskerm gekry met die Natis aantekenskerm daarop, en die gebruiksnaam en wagwoord reeds ingesleutel. NaTis dokumente en verslae van verskeie provinsies is ook onder meer gekry.

Volgens RTMC woordvoerder, Simon Zwane, is die man vermoedelik deel van ’n sindikaat wat in suidelike Gauteng en die Vrystaat bedrywig is. Die groep werk glo saam met regeringsamptenare in verskeie provinsies om voertuiglisensies onregmatig op die NaTIS-stelsel te hernu.

Die sindikaat teiken na bewering Bestuurderslisensietoetssentrums (DLTC’s) waar biometriese stelsels nog nie geïnstalleer is nie.

Die RTMC sê die groep beskik ook oor toegangsbesonderhede van privaat voertuigtoetsstasies, wat hulle in staat stel om voertuie op die stelsel as padwaardig te registreer en te verklaar.

Die RTMC en die polisie ondersoek die saak die afgelope drie jaar en meen dat nog arrestasies binnekort kan volg.

“Die verdagte, wat vermoedelik ’n IT-spesialis is, het voormalige vervoeramptenare, aktiewe NaTIS-gebruikers uit verskillende provinsies, asook die Nasionale Departement van Vervoer geïmpliseer. Hierdie inhegtenisname is ’n belangrike deurbraak in die ondersoek na die bedrywighede van dié sindikaat,” het die RTMC in sy verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button