Local newsNews

Twee in hegtenis vir vuurwapen- en aanrandingsklagte

Albei verdagtes sal na verwagting binnekort in die Landdroshof in Parys verskyn.

‘n 64-Jarige man is Woensdag, 29 Julie in die vroeë oggendure by die Vaal Plaza-tolhek op die N1 hoofweg in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, terwyl ‘n 44-jarige man aangekla word vir die rig van ‘n vuurwapen en aanranding.

Volgens sersant Josephine Rani het hoofweg patrollielede van die Fezile Dabi-distrik inligting ontvang oor ‘n wit VW Tiguan wat op die N1 in die rigting van Sasolburg onderweg was. Daar is beweer dat die bestuurder gesoek word in verband met ‘n saak wat by Bainsvlei geopen is nadat hy na bewering ‘n vuurwapen op sy vrou gerig en haar aangerand het.

Die voertuig is by Vaal Plaza voorgekeer en deursoek en is twee vuurwapens by die twee insittendes gekry.

Een van die vuurwapens, wat aan die tweede insittende behoort het, was volgens die polisie nie gelisensieer nie.

Die 64-jarige verdagte is aangekla vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, terwyl die 44-jarige verdagte aangekla is vir die rig van ‘n vuurwapen en aanranding na aanleiding van die beweerde huishoudelike geweldsvoorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button