Local newsNews

Tweede busongeluk in twee dae op VS-paaie

Meer besonderhede oor vanoggend se botsing is nog nie bekendgemaak nie.

‘n Bus het vanoggend, Saterdag 1 Augustus, op die N6 tussen Smithfield en Reddersburg omgeslaan. Sover bekend is daar geen noodlottige beserings nie, maar is meer besonderhede oor die ongeluk nog nie bekendgemaak nie. Die ongeluk het net na 07:00 gebeur.

Die ongeluk volg na ‘n tragiese busongeluk Donderdagaand toe tien mense gesterf het op die N1-hoofweg naby Trompsburg.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat, was die passasiersbus wat Donderdagaand omgeslaan het van Kaapstad na Zimbabwe onderweg toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Onder die oorledenes was ook vyf kinders.

Van die 78 insittendes is 57 beseer en na nabygeleë hospitale vervoer.

Die tragiese botsingstoneel op die N1 waar 12 mense gesterf het Foto: Verskaf
Die tragiese botsingstoneel op die N1 waar 10 mense Donderdag gesterf het Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button