Best of Parys: Onthou jy kan elke dag stem
Om die wenners te bepaal, is dit uitsluitlik lesers se stemme wat tel.

Onthou stemlyne is oop tot 16 Augustus vir vanjaar se spog Best of Parys-toekennings waarmee daar vir die derde jaar agtereenvolgens erkenning gegee word aan plaaslike sakeondernemings wat uitstaan wanneer dit kom by diens by uitnemendheid.
Daardie besighede wat na jou mening die ekstra myl loop vir kliëntevredenheid. Die wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal. Die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner.
Slegs aanlyn stemme word aanvaar en kan jy daagliks stem tot en met 16 Augustus wanneer stemlyne sluit.

So werk die stemproses
- Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.
- Jy kan daagliks stem terwyl stemlyne oop is.
- Slegs een stem per dag per IP-adres word vir elke subkategorie aanvaar. Hou in gedagte dat alle gebruikers op ‘n Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het. Dit beteken dat al sou meer as een stem van ‘n IP-adres deurgaan, die stelsel outomaties slegs een stem per IP-adres per dag sal tel. Stemme word ook geverifieer om te verseker dat die stemproses regverdig en volgens die reëls sal geskied.
Stem nou by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys-2/
Hieronder is die skakels vir die onderskeie kategorieë wat jou direk na elke kategorie neem.
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-automotive-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-eat-drink-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-health-beauty-wellness-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-home-improvements-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-hospitality-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-retail-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-services-2



