Local newsNews

Vleiland-indringers vat vlam

Die rehabilitering van die Parys Vleiland Park-gebied maak hierdie ekologies sensitiewe gebied toeganklik vir alle gemeenskappe.

Die Parys Working on Fire span het verlede week gehelp om met ‘n beheerde brand werk te maak van indringerplante waaronder ook katbos en droë takke wat met die ontbossing in die Parys Vleiland-gebied uitgehaal is.

Die hulp van die Working on Fire span was van groot waarde, en vorm deel van die span se gemeenskapsbetrokkenheid waar hulle onder meer ook bewusmaking by skole doen oor brandvoorkoming.

'n Lid van die Working on Fire-span hou 'n wakende oog waar indringerplante wat uit die Parys Vleiland Park verwyder is, in 'n beheerde brand vernietig is. Foto: Liezl Scheepers
‘n Lid van die Working on Fire-span hou ‘n wakende oog waar indringerplante wat uit die Parys Vleiland Park verwyder is, in ‘n beheerde brand vernietig is. Foto: Liezl Scheepers

Benewens die vasvat van indringerplantspesies en die gereelde skoonmaakaksies in die Parys Vleiland Park, is daar die afgelope twee weke ook hard gewerk om die Rail Trail met 600 m te verleng na die ou stasiegebou.


Die Rail Trail help honderde voetgangers om daagliks droogvoets deur die vleiland tussen woongebiede, en die dorp- en nywerheidsgebied te kan beweeg. Met die eerste fase van die Rail Trail wat vroeër al in gebruik gestel is, is 1,4 km spoorlyn wat deur die vleiland loop en vir jare in onbruik was, gelyk gemaak en opgevul om ‘n netjiese voetpad te vorm wat deur stappers, drawwers en fietsryers gebruik kan word.
Vandeesweek is voortgegaan met ontbossing in die rietbos agter die Sonskyn Tehuis in Eerstelaan, en is ook daar werk gemaak van indringerplante.

Met voltooiing van die verlengde Rail Trail sal dit beteken dat voetgangers dan by die brug in Father Balinkstraat sal kan opklim, of verder af by Dolfstraat pleks van deur die stegie by die laerskool sportgronde te loop.

Die ontwikkeling, met finansiële steun van Sasol, Damlaagte Solar en Ilikwa Solar, help nie net om die vleiland te rehabiliteer sodat dit benut kan word nie, maar skep ook ‘n veiliger ruimte in die oorgroeide dele wat vroeër ‘n wegkruipplek vir kriminele elemente was.

Die afgelope weke is 'n skoonmaakaksie en ontbossing gedoen ter voorbereiding van die verlenging van die Rail Trail na die ou spoorwegstasie. Foto's Rail Trail: Danie Venter
Die afgelope weke is ‘n skoonmaakaksie en ontbossing gedoen ter voorbereiding van die verlenging van die Rail Trail na die ou spoorwegstasie. Foto’s Rail Trail: Danie Venter
Die voltooide verlenging van die rail trail sal voetgangers toelaat om ook hier droogvoets deur die vleiland-gebied te beweeg. Foto: Danie Venter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button