Valke lê beslag op R5m se mynboutoerusting
Die optrede het gevolg nadat inligting oor beweerde onwettige mynboubedrywighede gekry is.
Mynboutoerusting ter waarde van sowat R5 miljoen is deur die Valke by die Hencor-myn in Rustenburg gekonfiskeer.
Die Rustenburg-gebaseerde eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoeke het Dinsdag, 4 Augustus, in samewerking met die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne en die Taakspan vir Onwettige Mynbou en Infrastruktuur, opgetree teen beweerde onwettige mynboubedrywighede.

Die operasie volg nadat inligting ontvang is oor beweerde onwettige mynbou-aktiwiteite by die myn. Met die span se aankoms by die myn is na bewering vier verlate graafmasjiene en ’n stortvragmotor op die terrein gekry waarop beslag gelê is.
Die ondersoek duur voort.



