Local newsNews

Die beker is ons s’n

Parys se harte klop trots vanaand vir 'n baie suksesvolle rugbyseisoen vir Hoërskool Parys.

Die oorwinning was soet vir Hoërskool Parys se 015-rugbyspan nadat die Virseker Noordvaal-beker vir Afdeling 4, vanoggend vir dié span die kroon gespan het op ‘n seisoen se harde werkl Parys het met 36-29 geseëvier oor die span van Reddam.

Hierdie groep spelers het nie net vroeër vanjaar ook hul liga gewen nie, maar was ‘n aantal van hulle ook verlede jaar as o.14’s die liga en Noordvaal-beker wenners.

Hoewel Parys se eerste span vandag in die finaal teen Steelcrest die knie moes buig met ‘n eindtelling van 34-44 in Steelcrest se guns. was Parys sonder twyfel waardige naaswenners.

Die sukses van hierdie spanne het nie sonder harde werk en sweet gekom nie, en is ook te danke aan die toewyding van die afrigters.

En met elke wedstryd was ouers en ondersteuners langs die veld reg om die seuns aan te moedig.

Vandag was ‘n trotse dag vir Parys!

Die foto’s hieronder gee ‘n blik van die aksie wat vandag op die rugbyveld gesien is en is geneem deur Marais Nell.

Parys se o15's is vandag gekroon as die Virsker Noordvaal Afrdeling 4 kampioene. Foto: Marais Nell.
Parys se o15’s is vandag gekroon as die Virsker Noordvaal Afrdeling 4 kampioene. Foto’s: Marais Nell.

Foto erkenning: Marais Nell.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button