Local newsNews

Wees gewaarsku: Hier swem vragmotors en motors gereeld

Insleepdienste moes al verskeie voertuie hier uit die water haal.

Water vloei steeds oor die R59 net buite Viljoenskroon by die silo’s. Die water is afkomstig vanaf ‘n waterpan langs die pad.

Motoriste word ernstig gewaarsku om alternatiewe roetes hier te volg. Daar is geen waarskuwingsborde nie, en hoewel die pad nie gesluit is vir verkeer nie, kan voertuie nie deur die water beweeg nie.

Prinsloo Recovery besig met herwinning van die vragmotor. Foto: Verskaf
Prinsloo Recovery besig met herwinning van die vragmotor. Foto: Verskaf

‘n Vragmotor het Maandagoggend rondom 07:00 hier in die water vasgeval, en is dit die soveelste voertuig wat insleepdienste uit die water moet haal.

Water afkomstig van 'n pan langs die R59 buite Viljoenskroon loop hier oor die pad en het verskeie voertuie al in die water laat vasval. Foto: Verskaf
Water afkomstig van ‘n pan langs die R59 buite Viljoenskroon loop hier oor die pad en het verskeie voertuie al in die water laat vasval.
Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button