Die botsingstoneel vanoggend op die R59 net verby Sasolburg. Foto: Verskaf
Die R59 net verby Sasolburg in die rigting van Vaalpark, is steeds gesluit vir verkeer ná ‘n noodlottige kop-aan-kop botsing vanoggend om 06:00 tussen ‘n motor en ‘n vragmotor. Die vragmotor het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.
Een persoon het gesterf en twee is in die botsing beseer, het Sipho Towa, Vrystaatse voorsitter van Road Incident Management Systems (RIMS) gesê.
Die botsingstoneel vanoggend op die R59 net verby Sasolburg. Foto: Verskaf
Towa het gesê die pad sal gesluit bly totdat opruiming en die nodige ondersoeke op die toneel gedoen is. Wetstoepassers was teen 07:38 steeds op die toneel besig en is motoriste aangeraai om alternatiewe roetes te volg totdat die pad weer vir verkeer oopgestel word.
Nog ‘n botsing is ook pas (07:44) by die Vaalpark-brug by die R59 afrit in die rigting van Sasolburg gerapporteer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.