Tienerswangerskappe, verkragting bespreek tydens skool bewusmakingsveldtog
Nagenoeg 230 leerders is met die veldtog bereik.
‘n Skoolveiligheid bewusmakingsveldtog is deur die polisie in Vredeofort in samewerking met verskeie rolspelers by die Boiphihlelo Sekondêre Skool in Mokwallo aangebied. Daar is onder meer oor tienerswangerskappe en statutêre verkragting met leerders van graad 8 tot graad 12 gesels.
Die veldtog is bygewoon deur lede van die Tumahole-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS), die Gemeenskapspolisiëringsforum (CPF), Departement van Gesondheid (DvG) en die Departement van Onderwys (DvO).
Altesaam 230 leerders is met die veldtog bereik.
Hierdie onderwerpe is geprioritiseer omdat dit verband hou met sake wat tans ondersoek word.



