Local newsNews

OVK gereed vir spesiale stemme en verkiesingsdag

Stemlokale sal vir spesiale stemme oop wees tussen 08:00 en 17:00 op 2 en 3 November

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy is gereed vir die 2 655 067 kiesers wat geregistreer het vir spesiale stemme en Maandag 2 en Dinsdag 3 November, hul kruisies sal trek in die landwye munispale verkiesing.

Spesiale stemme gee aan geregistreerde kiesers wat weens fisieke gestremdheid of ongesteldheid nie by stemlokale kan uitkom nie, asook dié wat om verskeie redes nie op verkiesingsdag by hul geregistreerde stemlokale kan stem nie, die geleentheid om vooraf hul stemme uit te bring.

Mense wie aansoek gedoen het vir spesiale stemme sal of deur middel van tuisbesoeke of by stemlokale tussen 08:00 en 17:00 stem op die genoemde datums.

Die aantal goedgekeurde spesiale stemme per provinsie lyk as volg:

  • Gauteng: 480 721
  • Oos-Kaap: 401 971
  • KwaZulu-Natal: 348 971
  • Limpopo: 341 623
  • Mpumalanga: 292 775
  • Wes-Kaap: 291 866
  • Noordwes: 235 733
  • Vrystaat: 132 088
  • Noord-Kaap: 129 319

Tuisbesoeke

Altesaam 678 525 kiesers is goedgekeur om by hul woonadresse te stem, het die OVK vandag tydens ‘n mediakonferensie gesê. Van die totaal is 74% vroue. Die meeste tuisbesoeke is in KwaZulu-Natal gevolg deur Gauteng.

Kiesers wat geregistreer het vir tuisbesoeke moet sorg dat hulle op beide dae wanneer spesiale stemme uitgebring word, by die adres sal wees wat in hul aansoek deurgegee is.

Spesiale stemme by stemlokale

Altesaam 1 976 542 kiesers is goedgekeur om hul spesiale stemme by hul geregistreerde stemlokale uit te bring.

Van hierdie kiesers is 64% vroue en 36% mans. Gauteng het dook ie meeste goedgekeurde spesiale stemme by stemlokale.

Die OVK beklemtoon dat kiesers slegs by die stemlokaal waar hulle geregistreer is, mag stem.

Hoe om steminligting na te gaan

  • Kiesers kan hul status vir spesiale stemme nagaan deur ‘n SMS met hul besonderhede na 32711 te stuur. Die SMS kos R1.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button