Son se prentjiemooi reënboogsirkel laat fotograwe ywerig die kameras nadertrek
Het jy ook die prentjiemooi gesig gesien?
Die reënboogkleurige sirkel om die son het gesorg vir ‘n prentjiemooi beeld wat talle Parysenaars na hul kameras en selfone laat gryp het om die oomblik vas te vag.
Die sirkel ook bekend as ‘n sun halo ontstaan wanneer daar dun, hoë cirruswolke in die lug voorkom wat vol klein yskristalle is. Wanneer sonlig deur hierdie yskristalle beweeg, word dit gebuig, of gebreek, soortgelyk aan lig wat deur ’n prisma beweeg.
Die natuurlike verskynsel kom redelik algemeen gedurende die somermaande voor en dui dikwels daarop dat hoë wolke besig is om in te beweeg. Soms volg reën ’n dag of twee later, maar dit gebeur nie noodwendig altyd nie.

En terwyl daar ywerig foto’s geneem word, onthou om jou oë te beskerm en versigtig te wees om nie vir ’n lang tyd direk daarna te kyk nie,



