Local newsNews
‘n Ware kampioen
Die Parys Interbreed Extravaganza het Saterdag 21 November ten einde geloop.
‘n Trotse Christel Marais saam met Robyn Le Maric nadat hy die Friesperd Senior Hings-klas vir hingste 6 jaar en ouer gewen het, en as kampioenskapklas kampioen gekroon is by die Parys Interbreed Extravaganza wat die afgelope week by die AfriDome in Parys gehou is.
Robyn is deel van die Le Maric Friesian Stoet.
Die Extravaganza is oor drie dae gehou met bykans 100 perde van verskillende perderasse wat deelgeneem het. Daaronder tel ook die Clydesdale en Percherons.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



