Local newsNews

Kontant transito-roof: Vrystaatse polisie op die spoor van verdagtes

Vier verdagtes is gearresteer, maar die soektog na nog verdagtes duur voort.

Die polisie in die Vrystaat is op die spoor van ‘n anatal verdagtes ná ’n kontant-in-transito-roof in Bloemfontein vanoggend, waartydens ’n stasiewa gebruik is om die transitovoertuig te stamp.

Die voorval het omstreeks 11:20 in Rudolf Greylingstraat, Navalsig gebeur. Die verdagtes het plofstof gebruik en word vermoed dat hulle ‘n onbekende bedrag geld gebuit het voordat hulle op die vlug geslaan het.

’n Wit Toyota Fortuner, ’n grys Mercedes-sportnutsvoertuig en ’n wit Volkswagen voeruig is deur die polisie se reaksiespan agternagesit. Die verdagtes het later ’n wit Ford Ikon agtergelaat.

’n Mercedes-sportnutsvoertuig, BMW-sedan, Nissan Juke en nog twee BMW-sportnutsvoertuie is ook tydens die soektog na die verdagtes, deur die polisie verlate in Bloemspruit en die Dewetsdorpweg-omgewing gevind.

Lede van die Taktiese Reaksiespan (TRT), die Blitspatrollie en Sigbare Polisiëring seenhede van plaaslike polisiestasies is gemobiliseer om die verdagtes agterna te sit.

’n Skietery het daarop gevolg tussen Meadowsweg en die R702 Dewetsdorpweg, en is die polisie se Lugvleuel ook betrek by die soektog.

Kort daarna is vier verdagtes in die Phase 7-gebied in hegtenis geneem nadat hulle die wit Ford Ikon agtergelaat het.

Die soektog na nog verdagtes was met die plasing van die berig nog aan die gang.

  • Vanoggend is ‘n OTM in Kerkstraat, Koppies, ook met plofstof geskiet en het die sewe verdagtes op die vlug geslaan met ‘n onbekende bedrag geld. ‘n Voertuig met twee van die verdagtes is later op die R82 opgemerk en is een verdagte noodlottig gewond, en een beseer tydens ‘n oor-en-weer skietery tussen die verdagtes en die polisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button