Local newsNews
R4m se vermoedelik gesteelde sonpanele naby Sasolburg gekry
Die polisie ondersoek 'n klag van vermoedelik gesteelde eiendom.
’n Vragmotor wat twee vermoedelik gekaapte sleepwaens met sonpanele ter waarde van ’n geraamde R4 miljoen vervoer het, is Donderdag 12 November op die R57 naby Sasolburg deur die polisie gekonfiskeer.
Hoofwegpatrollie lede van Sasolburg het nadat inligting oor die vragmotor ontvang is, die R57 gepatrolleer totdat die voertuig opgespoor is. Daar is vasgestel dat die vragmotor nie die oorspronklike vragmotor was wat aanvanklik die sleepwaens gesleep het nie.

Die bestuurder van die vragmotor is op die toneel in hegtenis geneem.
Die waarde van die sonpanele op die sleepwaens word geraam op R4m.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


