Local newsNews

R2,7m se gesteelde Transnet-kabel in Potchefstroom gekry

Die vyf verdagtes sal Maandag voor die hof verskyn.

Altesaam 5,3 ton gesteelde aluminiumkabel met ’n geraamde straatwaarde van R2,7 miljoen is Vrydag deur die polisie in Potchefstroom gekry nadat inligting ontvang is van ‘n verdagte vragmotor wat van die Mooibank-omgewing in die rigting van Potchefstroom onderweg was. Lede van Potchefstroom Misdaadvoorkoming en die Blitspatrollie het die vragmotor voorgekeer en is beslag gelê op die kabel. Twee verdagtges is ook in hegtenis geneem.

Verdere ondersoek het egter aan die lig gebring dat ’n wit Mazda die vragmotor begelei het. Polisiebeamptes het ook die voertuig voorgekeer en is nog drie verdagtes gearresteer.

Die kabels en albei voertuie wat by die voorval betrokke was, is deur die polisie gekonfiskeer.

Transnet-amptenare het intussen bevestig dat die aluminiumkabels Transnet eiendom is.

Sake van beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom is aanhangig gemaak en word ondersoek.

Die verdagtes, tussen 23 en 52 jaar oud, sal na verwagting Maandag 23 November in die Potchefstroomse landdroshof verskyn.

Die Noordwes-polisiekommissaris, luitenant-generaal Arthur Peter Adams, het die betrokke polisiebeamptes geloof vir hul vinnige optrede, waaksaamheid en doeltreffende samewerking. Hy het beklemtoon dat die beskerming van noodsaaklike infrastruktuur steeds ’n prioriteit vir die SAPD is, gegewe die belangrikheid daarvan vir die ekonomie, dienslewering en die welstand van gemeenskappe.

Adams het ook erkenning gegee aan die samewerking en belangrike bydrae van die private E2-inisiatief.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button