Local newsNews

15 Jaar tronkstraf vir finansiële beampte na meer as R3m se diefstal

Motloung het op kontrakbasis vir die Regsvereniging van Suid-Afrika gewerk ten tyde van die misdrywe.

Zandile Motloung (50), ’n voormalige finansiële beampte van die Regsvereniging van Suid-Afrika (LSSA), wat meer as R3 miljoen van haar werkgewer gesteel het, is in die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof 15 jaar gevangenisstraf opgelê nadat sy skuldig bevind is aan diefstal en geldwassery. Die hof het vyf jaar van die vonnis opgeskort op voorwaarde dat sy nie gedurende die opskortingstydperk weer aan diefstal of geldwassery skuldig bevind word nie. Sy sal dus effektief 10 jaar direkte geangenisstraf uitdien.

Motloung was vanaf November 2011 tot Oktober 2021 op ’n kontrakbasis by die LSSA in diens. Haar verantwoordelikhede het onder meer die vaslegging en verwerking van fakture, die verifiëring daarvan om te verseker dat dit aan die vereistes voldoen, die opvolg van uitstaande betalings en die voltooiing van maandelikse rekonsiliasies van verskaffersrekeninge ingesluit.

Tussen 26 Junie 2015 en 3 Desember 2020 het Motloung onregmatig meer as R3 miljoen van die LSSA gesteel deur verskaffers se wettige bankbesonderhede met haar eie ABSA-bankrekeningbesonderhede te vervang. Gevolglik is betalings wat vir diensverskaffers bedoel was, in haar eie rekening inbetaal.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die bedrogspul aan die lig gekom nadat ’n diensverskaffer die LSSA oor uitstaande betalings gekontak en aangedui het dat die organisasie se rekening agterstallig was. ’n Ondersoek het daarna aan die lig gebring dat die bankbesonderhede op fakture met Motloung se eie bankbesonderhede vervang is.

Die saak is by die polisie aangemeld en is Motloung op 27 Mei 2025 ná ’n ondersoek in hegtenis geneem.

Motloung het daarna ’n pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan waarin sy die misdrywe erken het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button