Local newsNews

Meer as 400 gesoekte verdagtes in die VS gearresteer met Operasie Shanela II

Die operasie sal voortgesit word in Fezile Dabi en ander distrikte in die Vrystaat.

‘n Veiliger Feesseisoen. Dit was die fokus van ‘n gesanentllike optrede van wetstoepassers en verskeie regeringsdepartemente in die Vrystaat vir Operasie Shanela II wat van 9 November tot 15 November in al vyf distrikte in die provinsie uitgevoer is. Tydens die operasie is 427 verdagtes na wie gesoek is onder meer geareesteer. Dit sluit in nege vir moord, 27 vir poging tot moord, 35 vir verkragting, 11 vir seksuele misdrywe, 88 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 257 vir ander misdade.

‘n Verdere 1 283 verdagtes is vir verskeie ander misdrywe in hegtenis geneem, waaronder:

  • Een vir motorkaping.
  • 19 vir roof met verswarende omstandighede.
  • 12 vir moord.
  • 44 vir poging tot moord.
  • 41 vir verkragting.
  • Drie vir poging tot verkragting.
  • 170 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.
  • 139 vir gewone aanranding.
  • 10 vir huisbraak by sakepersele.
  • 50 vir huisbraak by woonpersele.
  • Twee vir diefstal van motorvoertuie en motorfietse.
  • Sewe vir diefstal uit of vanaf motorvoertuie.
  • 40 vir opsetlike saakbeskadiging.
  • 54 vir bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms.
  • 154 vir onwettige immigrasie.
  • Sewe vir die oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens.
  • Twee vir die onwettige besit van vuurwapens.
  • Twee vir die onwettige besit van ammunisie.
  • 51 vir die besit van gevaarlike wapens.
  • 20 vir dwelmhandel.
  • Vier vir onwettige drankhandel.
  • 70 vir die besit van dwelms.
  • 381 vir ander misdade.

Tydens die operasie is:

  • 704 persele deursoek
  • 36 848 persone en 12 398 voertuie deursoek
  • 987 stop-en-deursoek-aksies gehou
  • 169 opsporingsoperasies gehou
  • 520 sigbaarheidspatrollies
  • 245 voertuigkontrolepunte
  • 27 padblokkades
  • 5 757 patrollies
  • 302 opsporingsoperasies deur speurders om gesoekte verdagtes in hegtenis te neem.
  • Vier ongelisensieerde drankpersele gesluit.

Verskeie nakomingsinspeksies is uitgevoer:

  • 669 gelisensieerde drankpersele is geïnspekteer.
  • 204 tweedehandse handelaars is geïnspekteer.
  • 29 kennisgewings is aan tweedehandse handelaars uitgereik.
  • 71 skrootwerwe en herwinningsondernemings is geïnspekteer.
  • 28 nakomingsinspeksies is by nie-amptelike instellings, soos privaat sekuriteitsmaatskappye en vuurwapenhandelaars, uitgevoer.
  • Een nakomingsinspeksie is by ‘n amptelike instelling uitgevoer.
  • 20 formele ondernemings in die gasvryheids- en kleinhandelsektore is geïnspekteer om nakoming van arbeidswetgewing te verseker.
  • 140 informele ondernemings, soos spaza-winkels, is geïnspekteer om nakoming van arbeidswetgewing te verseker.
  • 2 676 plaasbesoeke is saam met die Departement van Binnelandse Sake en die Departement van Arbeid uitgevoer.
  • 51 myngebiede is besoek.
  • Drie wetstoepassingsaksies ingevolge die Wet op die Regulering van Byeenkomste (Regulation of Gatherings Act) en SASREA is uitgevoer.
Beplande polisiëringsaksies onder die Veiliger Feestydseisoen-Operasie Shanela II sal voortgesit word in die Fezile Dabi-distrik en ander distrikte in die Vrystaat. Foto: SAPD
Beplande polisiëringsaksies onder die Veiliger Feestydseisoen-Operasie Shanela II sal voortgesit word in die Fezile Dabi-distrik en ander distrikte in die Vrystaat. Foto: SAPD

Items wat gekonfiskeer is, sluit in:

  • 4 186,980 liter alkoholiese drank.
  • 686 rondtes ammunisie van verskillende soorte.
  • Vyf selfone.
  • Smokkelware (goedere wat onwettig ingevoer is) ter waarde van R2 170.
  • 115,024 kg koper en koperkabels.
  • 263 items met vervalste handelsmerke.
  • 51 gevaarlike wapens, waaronder messe.
  • 1,559 kg dagga.
  • 87 daggaplante.
  • 115,546 g kristalmetamfetamien (Tik).
  • 12,07 g Nyaope/Whoonga/Wunga.
  • 439 Mandrax-tablette.
  • 11,563 g Mandrax-poeier.
  • Agt bykomstighede vir plofstof.
  • Een handwapen.
  • Vyf gewere.
  • Vier meubelstukke.
  • 115 kg edelmetale, waaronder koper, platinum en silwer.
  • 62 pakkies tabakprodukte.
  • Sewe voertuie, waaronder sleepwaens, motorfietse, vragmotors, sedans en sportnutsvoertuie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), Departement van Binnelandse Sake, Departement Gesondheid, Departement Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, die Suid-Afrfikaanse Inkomstediens (SAID), , DESTEA, Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, Departement van Basiese Onderwys, die provinsiale verkeersdepartement, Mangaung Metro se wetstoepassingsafdeling, die Grensbestuursowerheid (BMA) en ander wetstoepassingsagentskappe het aan die operasies deelgenee.

Beplande polisiëringsaksies onder die Veiliger Feestydseisoen-Operasie Shanela II sal voortgesit word in die Fezile Dabi-, Lejweleputswa-, Thabo Mofutsanyana- en Xhariep-distrikte, asook die Mangaung-metrogebied, het luitenant-kolonel Thabo Covane gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button