Local newsNews

Net 1 Suid-Afrikaner onder vyf wat gekry is met R2,7m se gesteelde Transnet-kabel

Al vyf bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.

Die vyf verdagtes wat Vrydag 20 November by Potchefstroom gearresteer is vir die besit van altesaam 5,3 ton gesteelde aluminiumkabel met ’n geraamde straatwaarde van R2,7 miljoen, het vandag voor die Potchefstroomse landdroshof verskyn. Onder hulle is net een Suid-Afrikaanse burger, die 52-jarige Meck Rasoeu. Die ander vier verdagtes is Thabo Majoro (41), Phole Nthunya (25) en Teboho Masiu (42, almal Lesotho-burgers, en ‘n 23-jarige Zimbabwiër Evans Kachese (23). Hulle sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 1 Desember.

Volgens polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, is die arrestasie gemaak nadat inligting ontvang is van ‘n verdagte vragmotor wat van die Mooibank-omgewing in die rigting van Potchefstroom onderweg was. Lede van Potchefstroom Misdaadvoorkoming en die Blitspatrollie het die vragmotor voorgekeer en is beslag gelê op die kabel. Twee verdagtges is ook in hegtenis geneem.

Verdere ondersoek het egter aan die lig gebring dat ’n wit Mazda die vragmotor begelei het. Polisiebeamptes het ook die voertuig voorgekeer en is nog drie verdagtes gearresteer.

Die kabels en albei voertuie wat by die voorval betrokke was, is deur die polisie gekonfiskeer.

Transnet-amptenare het bevestig dat die aluminiumkabels Transnet eiendom is.

Die verdagtes is aangekla vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button