Twee medaljewenners vir Parys by VS-swemkampioenskappe
Twee medaljewenners vir Parys by VS-swemkampioenskappe

Megan Daniel, Diaan en Dregan Brink, Zandré van Riet, Xander Pretorius en Henk en Mieke Small het van 7 tot 12 Desember aan die Vrystaatse swemkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Al die swemmers het hul tye verbeter en het in die finaal van hul items geswem. Megan verower ‘n silwermedalje vir die 200m borsslag, en Zandré ‘n bronsmedalje in sy 200m borsslag-item.
Die volledige uitslae was as volg:
Diaan Brink (100m vryslag 9de, 200m IM 6de, 50m vryslag 9de, 200m rugslag 6de en 200m aflos 5de),
Xander Pretorius (400m vryslag 13de, 200m aflos 14-15 jaar 4de),
Zandré van Riet (50m borsslag 5de, 200m vryslag 7de, 100m vryslag 10de, 100m borsslag 5de, 50m rugslag 4de, 200m borsslag 3de, 200m aflos 14-15 jaar 4de en 200m aflos 5de),
Dregan Brink (200m rugslag 10de, 200m aflos 14-15 jaar 4de),
Henk Small (400m vryslag 10de, 200m vryslag 7de, 100m vryslag 9de, 50m vlinderslag 4de, 50m vryslag 10de, 200m borsslag 10de, 200m aflos 14-15jr 4de en 200m afos 5de),
Megan Daniel (50m borsslag 8ste, 100m borsslag 8ste, 200m borsslag 2de en 200m aflos 6de).

Van die Parys-swemmers wat hul slag gaan wys het by die Vrystaatse swemkampioenskappe. Twee van die Parysenaars was ook medaljewenners by dié kampioenskappe. Foto’s: Verskaf

Megan Daniel waar sy aan die Vrystaatse swemkampioenskappe deelgeneem het. Foto: Verskaf

Zandré van Riet in aksie by die Vrystaatse swemkampioenskappe.




