Van lekker kampkook tot boogskiet

Wat maak ’n  kamp so lekker….” As jy ’n  Voortrekker is, ken jy beslis hierdie kampliedjie se woorde. En as jy wil weet wat lekker kamp is, kan ’n  Voortrekker jou baie vertel. Só het die graad 5 Voortrekkers van die Parys Voortrekkerkommando op 8 en 9 September by John en Mandy York op Somerplaas …

Wat maak ’n  kamp so lekker….”
As jy ’n  Voortrekker is, ken jy beslis hierdie kampliedjie se woorde. En as jy wil weet wat lekker kamp is, kan ’n  Voortrekker jou baie vertel.
Só het die graad 5 Voortrekkers van die Parys Voortrekkerkommando op 8 en 9 September by John en Mandy York op Somerplaas gaan kamp saam met Monica Pieterse en Margory Momsen.
Hier het die 15 Voortrekkers alles geleer wat jy moet weet van kampeer, kampkos maak en die plaaslewe toe daar speel-speel meer geleer is oor dié temas.
Die groot leerskool van hoe om in die buitelug te oorleef, het sommer al vroeg-vroeg die Vrydagmiddag begin toe van die manne hul tentpale vergeet het. Terugry was geen opsie en só is daar eenvoudig plan gemaak.
Die aand is geleer hoe om ’n vuur te maak en het Monica en Margory hulle geleer hoe om braaibroodjies te maak. Die idee om die broodjies met ’n garedraadjie bymekaar te hou, was vir baie ’n  eerste. Met ’n  broodjie en wors op die kole, en boonop heerlike nagereg van piesangs, malvalekkers en nutella, kon daar smaaklik weggelê word voordat lantern bekruip en konsert gehou is.
Die Saterdagoggend het Stanley en Rykie van Oppie Plaas, hulle alles en nog wat van boerdery vertel – hoe daar bemark word, oorleef word in droogtetyd, behandeling van peste, die diere op die plaas en selfs die melkery waar elkeen self ’n  beurt gekry het om te melk.
Uit mis kan beslis ook baie geleer word en is die jongspan gewys hoe mis identifikasie gedoen word. Dan is daar meer geleer van byeboerdery en organiese wurm boerdery, terwyl daar kans was om ook boog te skiet en die kinders geleer is oor die veiligheid van die hantering van ’n  boog, sy herkoms en kamoeflering.
Van die vars plaasmelk het hulle warm sjokolade gemaak.
Die Saterdag se kampkos was ’n  praktiese les van hoe jy ’n  omelet in ’n  ziplock sakkie vinnig en maklik kan maak vir ontbyt, en heerlike hamburgers waarvan die kinders self die “pattie” moes maak met 150g maalvleis wat hulle moes afweeg en vorm. Selfs die hamburger sous is self gemaak. Vroeër vanjaar het die graad 5’s ook saam met Monica en Margory hul eie sonoonde gemaak, meer geleer van die brandweer en kom ’n  les oor die kuns van onthaal ook later aan die beurt. Dankie aan Monica en Margory, John en Mandy, Stanley en Rykie, en Francess Hutton en Pierre Roux, wat gesorg het vir ’n  onvergeetlike naweek vir die Voortrekkers waarin baie vaardighede geleer, pret was en vriendskapsbande gesmee is.
Parys Voortrekkerkommando kom elke Woensdagmiddag by die Parys Primêre skool bymekaar van 16:00 tot 17:00. Gesels met Allezeth Ribberink as jy meer wil weet van die Voortrekkers by 082 466 2250.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button