Kyk eerder na gehalte onderwys as goeie matriekslaagsyfers, meen party
Kyk eerder na gehalte onderwys as goeie matriekslaagsyfers, meen party
Terwyl talle matrikulante vandag landwyd juig oor skitter-resultate na die 2018 matriekeindeksamen, sê die Vryheidsfront Plus die klem vir ‘n suskesvolle onderwysstelsel moet op gehalte onderwys wees, eerder as ‘n goeie matriekslaagsyfer.
Die party sê die slaagsyfer vir 2018 is misleidend aangesien 55% van alle leerlinge wat in 2007 met graad 1 begin het, nie in 2018 matriek geskryf het nie en dus êrens langs die pad deur die stelsel in die steek gelaat is.
“Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel met sy verlaagde standaarde en hoë uitvalsyfer is bloot te gebrekkig om leerlinge na behore voor te berei vir naskoolse opleiding en die arbeidsmark. Dit plaas ʼn demper op die 2018-uitslae.”
“Die VF Plus wens leerlinge wat ten spyte van moeilike omstandighede goed presteer het geluk en bedank ook die toegewyde onderwysers wat te midde van talle uitdagings ‘n positiewe verskil maak.”
Die party sê egter die realitiet is egter dat die slaagsyfer teen die uitvalsyfer gemeet moet word. Slegs 35% van die leerlinge wat in 2007 met graad 1 (1 141 731) begin het, het in 2018 matriek geslaag. Slegs 37% van die leerlinge wat in 2016 in graad 10 (1 067 075) was, het geslaag.
Volgens ‘n internasionale studie kan 78% van graad 4-leerlinge nie behoorlik lees nie.




