Partytjiegangers se voertuie het Dinsdagaand albei bane in Calderbanklaan/Steve Bikolaan volgestaan om by die dam uit te kom. Daar was glo geen manier vir inwoners wat in daardie straat woon om uit hul erwe te kom en so ook geen manier vir noodvoertuie om by erwe in die straat of by die dam uit te kom nie.
Aankomende verkeer het byna geen spasie gehad om te beweeg nie. Foto: Verskaf
Inwoners is baie bekommerd oor hoe die partytjie gereël is en is ook ontsteld oor die skade wat deur partytjiegangers op die sypaadjies veroorsaak is. Harde musiek het ook tot omstreeks 05:30 Woensdagoggend gespeel.
Die Herald is besig om kommentaar van die organiseerders en munisipaliteit te kry.

Die sypaadjies was beskadig weens voertuie wat by die dam probeer uitkom het. Foto: Verskaf



