Nampo 2022 – kom beleef dit
Nampo 2022 - kom beleef dit
March 27, 2022
Liezl Scheepers, Parys Gazette
2 minutes read

Die Nampo Oesdag word vanjaar van 16-20 Mei op Nampo Park net buite Bothaville aangebied Vir die eerste keer sal die 54ste Oesdag oor vyf dae aangebied word om voorsiening te maak vir verminderde kapasiteit in lyn met aangepaste Vlak 1 Covid-19 regulasies.
Maar soos met vorige Oesdae sal die heel nuutste tegnologie, masjinerie, innovasies en produktiwiteitsoplossings alles op een platform ten toon gestel word met die 2022-tema, “Beleef dit!”
Die Oesdag word beskou as die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond wat nie net beperk is tot die landboubedryf nie, maar ook oop is vir Jan en San Publiek.
“Graan SA is verheug en dankbaar dat die aangepaste regulasies dit moontlik sal maak om NAMPO 2022 aan te bied. Die NAMPO Oesdag was nog altyd ‘n aanwins vir die landbou en sy mense en dit sal goed wees om almal terug te verwelkom na hierdie landbou-vertoonvenster na die twee jaar-lange ontwrigting,” het dr. Dirk Strydom, Graan SA se Bemarking, Nampo & Navorsingskoördineringshoof gesê.
Graan SA het ook die versekering gegee dat hy daartoe verbind is om die toepaslike en nodige maatreëls en aksieplanne te implementeer vir die vereistes van die regering om hierdie geleentheid aan te bied. “Die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die NAMPO Oesdag bly uiters belangrik,” het dr. Pieter Taljaard, Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA gesê.
In ooreenstemming met die nuut aangekondigde regulasies, sal die NAMPO Oesdag besoekers verwelkom wat voldoen aan die huidige vereiste regulasies naamlik ten volle ingeënt en in besit van ‘n geldige inentingsertifikaat of ongeënt maar in besit van ‘n geldige sertifikaat van ‘n negatiewe COVID-19 toets, verkry nie meer as 72 uur voor ingang na die park nie, het Toit Wessels, Assistent Bestuurder: NAMPO bevestig.
Die aanbieding van die Oesdag sal ‘n broodnodige inspuiting aan die plaaslike ekonomie ná sy twee jaar lange onderbreking bied, met baie kleinsake-eienaars wat sterk staatmaak op die moontlike inkomste stroom as gevolg van hierdie landbou platform. Verder kan die ekonomiese belangrikheid van NAMPO vir die korporatiewe, medium- en klein besighede van regoor Suid-Afrika wat aan die skou deelneem, nie onderskat word nie.
“Terwyl ons sommige dinge dalk ‘n bietjie anders moet doen, is ons doel om steeds ‘n gediversifiseerde landbouhandels-uitstalling van wêreldaansien aan te bied, wat die breër landbouwaardeketting bevoordeel,” het Strydom gesê.
Kom beleef ‘n ekstra dag teen die 2019-toegangsfooie. In samewerking met TicketPro sal slegs aanlyn kaartjieverkope in die eerste week van April beskikbaar wees. Besprekings vir die immergewilde tentehotel op die noordelike grens van die park is reeds oop en verdere inligting rondom die NAMPO Oesdag kan op www.nampo.co.za verkry word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!