Local newsNews

So onthou ek stemdae in Parys

Stemlokale is oop tot vanaand 21:00.

Die reuk van gebraaide wors en pannekoek wat swaar hang in die lug as die koue wintersoggend knyp aan jou voete en vingerpunte. Dit is hoe ek stemdae in Parys onthou op die kerkterrein van die NG gemeente Parys-Wes.

Vanoggend was dit weer so. Mense wat van voor 07:00 al toustaan voor stemlokale. Daar is stille afwagting. ‘n Huiwering selfs  oor wat die dag van môre inhou.

Sommige vertel wat hul graag sal wil sien moet verander. Water, krag, werk vir almal, minder misdaad, weg met korrupsie, ons het hoop nodig, sê hulle.

Van die stemlokale het laat oopgemaak, maar toe die wiele eers begin draai het, het dit vinnig gegaan.

Bejaardes se dankbare gesigte as hul agter in die tou gehaal is om voor in te val.

Dis ‘n bedrywigheid oral. Party verteenwoordigers, kiesbeamptes, mense oral in die strate wat hul gang gaan, want dis immers ook vakansiedag.

Maar vandag is ‘n bepalende dag vir Suid-Afrika en sy mense, en dit is ook daardie erns wat jy sien op gesigte.

Related Articles

Back to top button