Die aktrise Crystal-Donna Roberts bekend vir onder meer haar bekroonde rol in Krotoa en Arendsvlei, het op 41-jarige ouderdom haar stryd teen kanker verloor. Sy is in haar slaap oorlede.
Crystal het in 2018 die Safta-prys as beste aktrise ontvang, vir haar rol in Krotoa, en in 2020 vir haar rol in die telenovelle, Arendsvlei.
Oor die jare is sy gesien in verskeie televisie- en rolprentrolle asook teaterproduksies.
Hieronder tel 7de Laan, Vallei van sluiers, Die Boland moorde, Getroud met rugby, Die Byl, Hanna Hoekom, Bidsprinkaan, Rondomskrik en Siener in die suburbs.
Sy was ook voorheen ‘n aanbieder van die TV-program Pasella.
Sy publiseer haar debuutroman, Speurder Sammi: Die blou steen in 2022.
Borskanker is in 2019 by haar gediagnoseer.




