KYK: Paaie oorstroom, mense ontruim
Motoriste word gemaan om versigtig te wees.
Met die sluise wat stuk-stuk by die Vaaldam oopgemaak word, is verskeie paaie in die Noordwes en Vrystaat oorstroom en moet sekere gedeeltes langs die oewer ontruim.
Voor Kleinplaas pype op die Potch-Parys pad is die pad onder water. Die pad is nie tans gesluit nie, maar motoriste word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle hier ry.


Die Schoemansdrift brug is tans onder water.


Rysmierbult op die N14 is van gister, 24 April af oorspoel.
Armmansvlakte se huise is reeds vandag, 25 April ontruim weens oorvloeding.


LeeuwenVaal het ook vandag begin ontruim.

Bloemhof River Lodge het ook gister begin ontruim.


Die N12 tussen Potchefstroom en Stilfontein is al van 23 April oorspoel.


Daar is beplan om nog vier sluise vandag by die Vaaldam oop te maak wat die situasie nog kan vererger.



