KYK: Paaie oorstroom, mense ontruim

Motoriste word gemaan om versigtig te wees.

Met die sluise wat stuk-stuk by die Vaaldam oopgemaak word, is verskeie paaie in die Noordwes en Vrystaat oorstroom en moet sekere gedeeltes langs die oewer ontruim.

Voor Kleinplaas pype op die Potch-Parys pad is die pad onder water. Die pad is nie tans gesluit nie, maar motoriste word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle hier ry.

Die Schoemansdrift brug is tans onder water.

Rysmierbult op die N14 is van gister, 24 April af oorspoel.

Armmansvlakte se huise is reeds vandag, 25 April ontruim weens oorvloeding.

LeeuwenVaal het ook vandag begin ontruim.

Bloemhof River Lodge het ook gister begin ontruim.

Die N12 tussen Potchefstroom en Stilfontein is al van 23 April oorspoel.

Daar is beplan om nog vier sluise vandag by die Vaaldam oop te maak wat die situasie nog kan vererger.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button