Oortreders vasgevat vir veiliger Feesseisoen

Voertuie en mense is deursoek, en boetes uitgereik vir verkeersoortredings tydens vanoggend se gesamentlike oorgrens padblokkade.

‘n Duisend mense, 31 vragmotors en busse, en 136 voertuie is deursoek tydens ‘n interprovinsiale padblokkade wat vanoggend op die N1-hoofweg by die Gauteng-grens gehou is.

Benewens inligtingspamflette wat deur wetstoepassers onder motoriste versprei is, is gefokus op die opspoor van gesteelde eiendom en ongelisensieerde vuurwapens, verbode middels en die aankla van onwettige immigrante.

Verkeersoortreders is ook vasgevat om veiliger paaie oor die feestyd te verseker.

Die padblokkade is gelei deur die polisiekommissaris in die Fezile Dabi-distrik, majoor-generaal Makubo. Rolspelers wat naas die polisie by die padblokkade betrokke was, het ingesluit provinsiale verkeer, Ngwathe Verkeer, die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en beamptes van Binnelandse Sake.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button