Parys verpletter hoop op oorwinning vir Hoopstad

Eerskomende Donderdag sal Parys die spiere moet bult teen Bultfontein wat verlede jaar die ligakroon gevat het.

Parys het vandeesweek nog eens geseëvier in ‘n skouspelagtige stryd teen Hoopstad wat Donderdagaand op Parys se tuisveld beslis is. Met drieë deur Marx Steenkamp, Nic Greyling, Tyler Woodruff, Robbie Petzer, JM du Plooy en JC Brazao, en vier doelskoppe wat Gerhard Greyling oor die pale kon sit, het die tuisspan die oorwinning vir Parys beklink met ‘n eindelling van 38-12. 

Spelers van die wedstryd was Nic Greyling en Kaleb Kriek (voorspelers) en Gerhard Greyling en Tyler Woodruff (agterspelers). 

‘n Taai stryd wag nou op Parys-rugbyklub wanneer die tuisspan spiere sal moet bult teen verlede jaar se ligawenner, Bultfontein. Die wedstryd vind plaas Donderdag 16 April om 20:00, op Hoërskool Parys se rugbyveld.

Parys se netbalspan sal ook die aand in aksie wees. Die netbalwedstryd begin om 19:00 op die hoërskool se netbalbane.

Ondersteuners is welkom om gasbraaiers en koelbokse te bring, en beide die rugby- en netbalspelers op hul tuisveld te kom ondersteun.

Ondersteuners het hul kant gebring vir die tuisspan met 'n Pa-rys, vleis en aartappels....go! Foto's: Liezl Scheepers
Ondersteuners het hul kant gebring vir die tuisspan met ‘n Pa-rys, vleis en aartappels….go! Foto’s: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button