Vrede van Vereeniging-toer: So word onthou
Enigeen is welkom om die herdenkingstoer mee te maak.
Sondag 31 Mei word die Vrede van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 onderteken is, herdenk saam met die FAK en Sentraal Vaal Kultuursake.
Die herinneringstoer word jaarliks op 31 Mei gehou om die einde van die Anglo Boereoorlog en Vrede van Vereeniging te herdenk. Almal is welkom.
So lyk die toerprogram vir die dag:
Besoekpunte en kransleggings:
By elke punt sal ‘n kort verduideliking gegee word en almal wat wil sal die geleentheid kry om ‘n blom of krans neer te lê.

08:00 – Vryheidsmonument, Vereeniging
Opening: Charles Rademeyer
09:00 – Vredesboom
(Gebruik agterste ingang, indraai vanuit Voortrekkerstraat by groot Ratamang bord).
Tyd vir boeretroos en beskuit.
+- 9h45 Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas, Hinterland
10:30 – Witkop-blokhuis
Roxy du Toit en Mark Walkden
13:00 – Russiese Ortodokse Kerk, Midrand
Spreker: Vader Daniel Lugovoy
15:00 Voortrekkermonument (Kom bymekaar voor die Vrou-en-kinder-beeld)
Spreker: Charles Rademeyer
Verrassing vir die dag – Besoek’n spesiale plek.
Afsluiting: FAK-Liedjietuin – lekker saamkuier.



