Naelbyt-eindstryde op Parys se rolbalbane
Amanda en Dries is gekies om die klub by die Noordwes Kampioen-van-Kampioene-kompetisie te verteenwoordig.
Parys-rolbalklub het oor die afgelope paar weke verskeie kompetisies afgehandel. Die 2/4/2-kompetisie is gewen deur Chris en Melanie Wentzel, wat in ‘n spannende finaal naelskraap teen Faan Stofberg en Linda Kruger gewen het.
Die Pro-10 parekompetisie is gewen deur Jaco Nel en Shirley Maritz, wat vir Henk Prinsloo en Raymond Loubser in die finaal geklop het.
Met die klub se enkelkampioenskappe het Amanda Bester in die finaal vir Christelaine van der Westhuizen gewen om dit twee agtereenvolgende oorwinnings te maak.
Dries de Jager het op sy beurt na ‘n taai stryd vir Jaco Nel verslaan, wat die titel drie jaar in ‘n ry ingepalm het.
Amanda en Dries is gekies om die klub by die Noordwes Kampioen-van-Kampioene-kompetisie te verteenwoordig.


Loubser gespeel het. Foto: Verskaf



