Die skitterende aksiefoto's is deur Ferdie Jordaan geneem tydens Saterdag se wedstryde tussen Parys en Dr Johan Jurgens op Parys se tuisveld. Foto: Ferdie Jordaan
Na die afgelope naweek se wegholoorwinning vir Parys op sy tuisveld teen die spanne van Dr Johan Jurgers van Springs, wag die semi-finale kragmetings in die Valke Afdeling 4-liga hierdie Saterdag vir drie van Hoërskool Parys se rugbyspanne. Die wedstryde word by Anker Skool in Brakpan beslis.
Parys se o14’s speel om 14:30 teen Panorama, en die o15’s om 09:00. ook teen Panorama. Die eerste span wedstryd teen Alberton High skop af om 15:30.
Die finale ligawedstryde sal dan op 25 Julie beslis word.
Uitslae van die wedstryde wat op 13 Junie teen Dr Johan Jurgers gespeel is, het so gelyk: o14 – Parys wen 34-5 o15 – Parys wen 55-7 o16 – Parys wen 66-7 Eerste span – Parys wen 69-22
Die skitterende aksiefoto’s is deur Ferdie Jordaan geneem tydens Saterdag se wedstryde tussen Parys en Dr Johan Jurgens op Parys se tuisveld. Foto: Ferdie Jordaan
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.