Magsvertoon van Bikers vir boere

Bikers vir boere het verlede Vrydag verskeie kere voor die Parys landdroshof verbybeweeg.

Bikers vir boere het verlede Vrydag verskeie kere voor die Parys landdroshof verbybeweeg.

Dié groep het hul steun vir kapt Henk Prinsloo en die vyf  ander boere aangeklaagdes gewys. Die ses staan tereg op twee klagte van moord, na die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie vanjaar. Hulle is verdink van ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen op ‘n plaas in die Weiveld distrik en is deur va ndie boere wat op die noodroep gereageer het in hegtenis geneem. Die twee het kort daarna aan hul beserings beswyk.

Verskeie motorfietsklubs va n sover as die Rand en Welkom het deelgeneem. Die saak kom weer op 27 Mei voor.

https://www.youtube.com/watch?v=qwdVNlUuBuY&feature=youtu.be

Video:Sakkie van der Schyff

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.
Back to top button