Local newsNewsNews

NWU eerstejaar maak naam in Las Vegas

Chriské Schwirzer is deel van die Suid-Afrikaanse SACOPA-span wat die land by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (WCOPA) verteenwoordig

‘n Eerstejaarstudent aan die NWU Potchefstroomkampus, Chriské Schwirzer, is tans besig om haar talente oorsee in Las Vegas ten toon te stel.

Schwirzer is deel van die Suid-Afrikaanse SACOPA-span wat die land by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (WCOPA) verteenwoordig. Hierdie span het ook, saam met Namibië, as finaliste van die wêreldkampioenskappe deurgedring. Die WCOPA word dikwels as die Olimpiese Spele van die uitvoerende kunste beskryf.

Chriské het ‘n passie vir modelwerk, drama en sang en is in 2024 as Miss Teen SA gekroon. Sy is ook in 2025 gekies om Suid-Afrika by Miss Tourism World te verteenwoordig, waar sy as tweede prinses in die Miss Tourism Global Queen-kompetisie aangewys is.

Om vir die WCOPA te kwalifiseer, moes Chriské ‘n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste (SACOPA) verwerf.

SACOPA bied ‘n gulde geleentheid aan uitvoerende kunstenaars om van jongs af hul drome uit te leef – iets wat Chriské nou met mening in Las Vegas doen.

Chriské (middel) toe sy as die wenner van Miss Teen SA in 2024 aangewys is. Foto: Facebook

Chriské studeer BCom Bestuurswetenskappe met bemarking en toerisme as hoofvakke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button