CompetitionsEntertainmentLifestyle

Sing en wen lekker pryse diè Valentynsdag

Daar is byna geen beter manier om jou liefde aan iemand te verklaar as met ‘n liedjie nie. Om uit die hart en volle bors te ‘serenade’ vir die persoon wat jy graag wil hê jou spesiale Valentyn moet wees. Die Herald het besluit om vanjaar ‘n interessante kompetisie te loods. As jy en jou …

Daar is byna geen beter manier om jou liefde aan iemand te verklaar as met ‘n liedjie nie. Om uit die hart en volle bors te ‘serenade’ vir die persoon wat jy graag wil hê jou spesiale Valentyn moet wees.
Die Herald het besluit om vanjaar ‘n interessante kompetisie te loods. As jy en jou geliefde ‘n spesiale liedjie het of jy wil jou liefde aan iemand met ‘n liedjie verklaar, stuur dan vir ons ‘n video waar jy vir iemand ‘n liedjie sing.
Jy staan dan ‘n kans om groot Valentynsdagpryse te wen.
Iconiks, Royal Tree, Montana Spur, Estee’s Beauty, Ster Kinekor, Zigmart en Lingerie Studio het reeds verskeie pryse vir die wenners geborg.
Stuur die video na die Potchefstroom Herald se Facebookblad of e-pos dit na dustin.wetdewich@media24.com.
Stel jouself voor in die video, die liedjie wat jy gaan sing en aan wie dit opgedra is en jy kan dalk vir jou ‘n lekker prys losslaan! Die kompetisie sluit op 9 Februarie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button