Lizz Meiring gaan ’n mooi storie in Potch vertel
Dit is beslis iets wat nie misgeloop kan word nie, aangesien die kaartjieprys ook ‘n ligte ontbyt, verwelkomingsdrankie en vertoning insluit.

Die bekende aktrise, Lizz Meiring bied Saterdag, 10 April haar solo-vertoning, ‘n Mooi Storie vir die eerste keer in Potchefstroom aan. Dit word by The Feather Hill Boutique Hotel gehou.
‘n Mooi Storie handel oor die geskiedenis van skoonheid. Van alle gawes wat die mensdom vra, bly skoonheid die gewildste.
Want veral die, aan wie dit nie uitgedeel is nie, verstaan hoe sterk die trefkrag van mooi wees is. Maar skoonheid is nie net veldiep nie – agter die mooiheid skuil dramatiese gevolge, komiese insidente, rare rituele, misterieuse hulpmiddels, ongelooflike liefdesintriges en unieke karakters.
Dis in der waarheid die storie van die mensdom se soeke na erkenning. Deur die eeue is daar onvertelde stories van heersers, politici, koninginne, courtesans, godinne, spioene, sterre, moordenaars, kunstenaars en dies meer wat hul lewens aan hul eietydse persepsie van wat mooi nou eintlik is, gewy het.
In hierdie splinternuwe solo-stuk vertel die multi-bekroonde aktrise, skrywer en regisseur die onvertelde, verskuilde verhale van die estetiese geskiedenis.
“n Mooi Storie is slimsnaaks, verrassend, uniek, hartroerend en warmhartig. Dit is beslis iets wat nie misgeloop kan word nie, aangesien die kaartjieprys ook ‘n ligte ontbyt, verwelkomingsdrankie en vertoning insluit.
Vir meer besonderhede kontak Lionel (The Feather Hill Boutique Hotel) by 066 429 9996
Tyd : 09:30 vir 10:00
Besprekings: reservations@thefeatherhill.co.za of WhatsApp: 066 429 9996




