EntertainmentLocal news

Nuwe enkelsnit van plaaslike ‘band’ gee rigting

Die liedjie is 'n goeie 'pick me up' as jy voel dat dinge in jou lewe nie verloop soos wat jy dit beplan het nie. Dit ge mens moed om rigting in te slaan wanneer dit voel asof jy rigtingloos is. 

“Rigtingloos” die nuwe enkelsnit en sy musiekvideo, van die plaaslike band, Van Reg en Rede is vandag (23 April) vrygestel. Die liedjie is ‘n goeie ‘pick me up’ as jy voel dat dinge in jou lewe nie verloop soos wat jy dit beplan het nie. Dit gee mens moed om rigting in te slaan wanneer dit voel asof jy rigtingloos is. “Rigtingloos is ‘n kreed vir mense wat verlore en verward voel, en wat moeg is om oor-en-oor te moet oorbegin,” beskryf dié groep, die liedjie. Dit is waarlike ‘n kreet wat by mens bly lank nadat die musiek ophou speel het. Veral die refrein kan net as ‘n baie plesierige “oorwurm” beskryf word. Alhoewel die titel “Rigtingloos” as negatief gesien kan word, bring dit ‘n baie positiewe boodskap. “Soms val dinge uitmekaar uit, en dan is die pad vorentoe nie meer so duidelik nie. Om rigting te verloor is deel van lewe, en dit is soms baie waardevol om terug te sit en te vra waarheen jy oppad is, wie jy is, en wie jy wil wees,” sê die groep. Die invloed van King of Leon is onmisbaar. Van Reg en Rede beskryf hulleself immers as die Afrikaanse Kings of Leon. Ander plaaslike invloede kan ook in die enkelsnit bespeur word. As jy van Glaskas en éF-éL hou sal jy definitief mal oor Van Reg en Rede se musiek wees. Kyk die musiekvideo hier: Van Reg en Rede – Rigtingloos (Official Music Video) – YouTube 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button