EntertainmentLifestyle
VIDEO: Musikant gebruik kombuisartikels as instrumente vir “Pille vir Kersfees” verwerking
Rothman het alles van glase, 'n mikrogolfoond, yskas, pepermeule en nog meer gebruik om 'n interessante en kreatiewe musikale eenheid te skep vir die lied.

Die Kaapse musikant en kitaarspeler, Loki Rothman, het onlangs as deel van die TV-reeks Wat Dit Vat besluit om ‘n lied te skep met die gebruik van artikels uit sy kombuis.
Hy het hierdie artikels gebruik om nuwe klanke vir die bekende Die Heuwels Fantastiese treffer, Pille vir Kersfees te skep.
Rothman het alles van glase, ‘n deurhandvatsel ‘n mikrogolfoond, yskas, pepermeule en nog meer gebruik om ‘n interessante en kreatiewe musikale eenheid te skep vir die lied.
Die Heuwels Fantastiese se hoofsanger, Pierre Greeff sing ook saam met Rothman aan die lirieke in hierdie nuwe opname.
Kyk die video hier:



